1981 DATSUN 280 ZX
_____________________________

The Maluti Antique Auto and Machine Club
Bethlehem, South Africa

www.maamc.co.za   info@maamc.co.za

_____________________________


1981 Datsun 280ZX

Koos en Marcelle de Beer se jongste bydrae tot ons klub het almal nuuskierig gehad. Ons het meer by hom gaan uitvind rakende die wit gevaarte.

Die Z reeks was die breinkind van Albert Coertz, n talentvolle ontwerper van Duitsland. In opdrag van Nissan sien die eerste Z motor op Tokyo motorskou in 1964 die lig. Dit was n klein en ekonomiese 1.6 l coupe met beperkte aanhang en het swak verkoop.

In 1969 het die 240 Z egter die Amerikaanse mark geskok. Met die energiekrisis van 1970 was 150 000 motors verkoop vanaf 1969 - 1974. Die 110 kw 2.4 l ses silinder 1100 kg kombinasie kon van 0 - 100 km/h snel in 8.5 sekondes. Die topspoed van 197 km/h was voldoende vir menige entoesiaste.

Ongelukkig het beperkende wetgewing, veral in die VSA, tot gevolg gehad dat die Z reeks omgeskakel is tot n sogenaamde 2+2 coupe.

Die huidige motor op die foto is n 1981, 280 ZX model. Die 2.8 l is gekoppel aan n vyfgang ratkas. Skyfremme is op al 4 hoeke gemonteer en komplimenteer die onafhanklike vering. Die agteras is n sogenaamde limited slip en die as en ratverhouding is ideal, gegewe die enjin se kraglewering. In standaardvorm lewer die masjien 110 kw.

Die huidige motor het n Brospeed branch en Bosal uitlaatstelsel op. Die verigting van die inspuitingstelsel is aangepas teen geringe koste. Voorts is werk aangedoen aan die kopstuk ten einde lugvloei te verbeter.

Op die langpad kom die motor tot sy reg en geniet die masjien werkverigting vanaf 5 000 rpm en hor, sonder tekens van stremming.

Die motor is deur myself aangeskaf in 1991. Ek het sedertdien 35 000 km in hom afgel. Die huidige odometerlesing beloop 185 000 km en ek is die 2de eienaar. Die bekleedsel en sitplekke is onaangeraak en absoluut oorspronklik.

Die bakwerk het etlike roesmerke gehad en is onlangs volledig opgeknap.

Vandat ek eienaarskap bekom het, was moeite gedoen om die bakwerk teen roes te beskerm.

Aangesien die Datsum nog nooit in n botsing was nie, vertoon sy toestand nog redelik, gegewe die feit dat hy nou 23 jaar oud is.

Ek beskou die motor as n Japanese Trans Am hibried. Waarom daar 2 sitplekke agter is weet ek nie. Die motor is gebou vir langpadtoer, ma, pa en 2 klein kindertjies. Die bak het voldoende spasie vir die nodigste bagasie. Die motor se spaarwiel is 30 cm in deersnee en is n opvoubare item wat min spasie neem.

Soos in die Studebaker is hierdie een n keeper. Die voertuig is in randterme gewaardeer vir tussen R 20 000 en R 25 000. Dit is nie so klassiek soos die 240 of 260 Z modele nie. Die lyne en rondinge het my egter nog altyd betower. Ek sien uit na klubtoere en gaan verseker die Datsun inspan. Ek het die gerief van n ryding wat kan kruip teen 70 km/h of kan hardloop teen n gemaklike 160 km/h.

Ten slotte is n 280 ZX goeie waarde vir geld. Enige beginner kan een bekostig. In totaal is 1090, vanaf 1980 - 1984 vervaardig en kan n goeie motor vir R 20 000 aangeskaf word.

Ons glo en vertou dat Koos en Marcelle nog baie myle se genot met di een sal deel!

Koos en Marcelle de Beer

Bethlehem

April 2013